slider955-8
Het jy gehoor?

SA restaurant wéér een van wêreld se 50 bestes!

Die Kaapse restaurant The Test Kitchen is gisteraand in New York vir die vierde jaar agtereenvolgens aangewys as een van die 50 bestes in die wêreld. Die eetplek onder leiding van Luke Dale-Roberts is aangewys as nommer 22 op dié prestige-lys. 

slider955-8

Luke Dale-Roberts in sy kombuis by The Test Kitchen

Die The Test Kitchen skuif elke jaar nader aan die toptien. Ons hou duime vas! (The Test Kitchen is ook SA se nommereen-restaurant op die Eat Out-lys.)

“Die prys is vir my ‘n groot eer en en ek my span sien dit as ‘n stempel van goedkeuring dat dit wat ons doen van wêreldgehalte is. Ek doen wat ek doen omdat ek lief is daarvoor, ek pak alles met passie, oorgawe en kreatiewe denke aan. Om ’n prys soos dié te kry bevestig net weer dat ons as span moet aanhou met wat ons doen!” vertel Luke nadat hy gisteraand die prys gewen het.

Hier is ‘n kykie in Luke se kombuis by The Test Kitchen:

As jy ooit die voorreg kry om by The Test Kitchen te eet kan jy kos verwag wat jou sintuie op ‘n kosreis deur unieke geure en teksture neem. Elke gang wat jy hier geniet is uniek aan Luke se styl en elke bord kos is mooier as die vorig een. Ek het al die kans gehad om my voete onder Luke se tafel in te skuif en glo my, dit is die moeite werd!

slider955-51

Maar bespreek vroegtydig, want die waglys kan tot 6 maande lank wees!

Epos: reservations@thetestkitchen.co.za  Tel: +27 (0) 21 447 2337

As jy nie so lank kan wag nie. kan jy ook sy suster-restaurant besoek:

The Pot Luck Club langsaan The Test Kitchen sit tapasstyl kos voor en gee jou ’n 360-grade-uitsig oor die Kaap.

Soos my ma altyd sê: dis ons reg om die beste van alles te ervaar: die beste sjokolade, die beste vriende en ja, die beste kos. So bederf jouself en bespreek vir jou ‘n plek aan Luke Dale-Roberts se tafel.