FOTO: The Famous Frouws

Het jy gehoor?

SA sanger Matthew Mole verloof

Die Suid-Afrikaanse sanger Matthew Mole het in Londen aan sy meisie, Jessica Pettitt, verloof geraak.

Matthew is besig om groot naam vir homself te maak. Nie net is hy die eerste plaaslike kunstenaar wat heel bo-aan die iTunes-albumgrafiek met sy debuutalbum gepronk het nie (en so stof in die oë van groot internasionale kunstenaars soos Jay-Z, The Rolling Stones, Michael Bublé en Robin Thicke geskop het), sy album The Home We Built geniet ook speeltyd op internasionale radiostasies.

Hy en sy meisie, Jessica, het verlede week Londen toe gevlieg vir vakansie en hier het dié sanger en liedjieskrywer die groot vraag gevra.

I get to marry my best friend! A photo posted by Jessica Pettitt (@littlejess0) on

Geluk Matthew en Jessica!

Luister hier na Matthew se gewilde liedjie “Take Yours, I’ll Take Mine”

Lees ook