Het jy gehoor?

SA sangeres verwag eersteling

Die 31-jarige sangeres se eersteling sal na verwagting Augustus sy (of haar!) verskyning maak, berig Times Live.

Freshlyground is een van Suid-Afrika se top groepe en toer gereeld oorsee. Maar omdat sy én baba gesond wil wees, gaan Zolani geen groot toere ná Mei aanpak nie.

“’n Baba is elke keer ’n seëning, maar dit is nou cooler omdat ek en my maat besluit het om ’n baba te hê … Ons is in ’n goeie verhouding en in ’n goeie plek in ons lewens.”

Zolani het verlede jaar Oktober vertel hoe vinnig sy gewig verloor het weens fisiese en emosionele uitputting, maar nou is gewig die laaste ding waaraan sy dink. “Ek het nou ’n reg om te eet,” grap sy. “Ek het agtergekom jy is net een keer – of dalk ’n paar keer – in jou lewe swanger en dit is okei as jy 10kg optel. Ek kan nie nog onnodige stres in my lewe hê nie. Ek luister net na wat my liggaam sê.”

Freshlyground is op pad VSA toe en sal in New York geëer word vir hul betrokkenheid in die geveg teen MIV/vigs in Suid-Afrika. Die nie-regeringsorganisasie Shared Interest het jaarliks ’n formele geleentheid waartydens hulle mense wat ’n verskil maak, vereer.