Het jy gehoor?

SA sanggroep in realiteitsreeks op E! Entertainment

Die ses manne met die mooi stemme van Overtone gaan TV-kykers in Mei vermaak met hul alledaagse doen en late. E! Entertainment, TV-kanaal bekend vir reekse soos Keeping Up With The Kardashians, Dirty Soap en Girls From The Playboy Mansion, het die groen lig gegee vir die vervaardiging van Mrs Eastwood & Company, ‘n nuwe realiteitsreeks oor die dag-tot-dag-dinge van Dina Eastwood, vrou van Clint Eastwood, hul dogters Francesca en Morgan, én haar Suid-Afrikaanse ‘aanneemkinders’, Overtone. Clint sal ook op die skerm verskyn, maar nie so gereeld nie. 

Sy het Overtone tydens die verfilming van die fliek Invictus hier in Kaapstad op ‘n verhoog gesien en hulle dadelik onder haar vlerk geneem. Sedertdien het hulle al op die meeste van die top-geselsprogramme in Amerika, soos The Ellen DeGeneres Show, verskyn.

Die tien episodes sal tonele van die Eastwood-wonings in Los Angeles en die plattelandse dorpie Carmel insluit. Die reeks met 30 minuut lange episodes skop 20 Mei in Amerika af.

  • Elizabeth

    Trots op julle! Laat die wereld sien daar is nie NET geweld en slegte dinge in Suid Afrika maar dat ons baie en goeie talent ook het!