Het jy gehoor?

SA se beste restaurante aangewys – top-10

Suid-Afrika se beste eetplekke word jaarliks deur EatOut aangewys, en The Test Kitchen is wéér tops. Dié restaurant van sjef Luke Dale-Roberts was laasjaar óók as die beste in SA aangewys.

Die top lyk vanjaar só – en daar is vier restaurante wat nié in 2013 op dié lys was nie:

1. The Test Kitchen (Kaapstad)
2. Five Hundred (Sandton)
3. The Tasting Room (Franschhoek)
4. Restaurant Mosaic (Pretoria)
5. Jordan Restaurant (Stellenbosch)
6. Overture (Stellenbosch)
7. Rust en Vrede (Stellenbosch)
8. DW Eleven-13* (Johannesburg)
9. The Restaurant at Newton Johnson* (Hemel-en-Aarde-vallei)
10. Terroir* (Stellenbosch)

The Greenhouse, Hartford House, Camphors by Vergelegen en Pierneef à La Motte het nié vanjaar dié gesogte lys gemaak nie.

Die ander pryse

Eat Out S. Pellegrino Sjef van die Jaar: Chantel Dartnall, Restaurant Mosaic
Grolsch Uitmuntende Diens-toekenning: The Tasting Room
Die Nederburg Rising Star: Kobus van der Merwe, Oep ve Koep
Tsogo Sun Wyndiens-toekenning: Patson Mathonsi, DW Eleven-13
The Lannice Snyman Lewenslange bydrae (saam met Paarl Media): Eduan Naude en wyle Brian Shalkoff
Boschendal styl-toekenning: Equus Dine at Cavalli
Beste Oosterse restaurant: Kyoto Garden Sushi
Beste elke-dag-eetplek: Chefs Warehouse & Canteen

Ons kosredakteur, Herman Lensing, was by die toekenningsgeleentheid: