Het jy gehoor?

SA se grootste musieksterre verklap

As  die Afrikaanse musiekbedryf ’n melkweg was, was dié 14 beslis onder die blinkste sterre. Elkeen het op hul unieke manier hul stempel op die musiek-landkaart afgedruk – of dit nou Steve Hofmeyr is wat al dekades lank ’n legende is, Juanita du Plessis wat 15 jaar terug die bedryf soos ’n tsoenami getref het, of Karlien van Jaarsveld en Riana Nel wat onlangs almal laat regop sit het.

MAAR HET JY GEWEET…

[box:full:grey:both]

[/box]

LIANIE MAY (foto bo)

Die enigste Afrikaanse sangeres met ’n SAMA vir die
 CD-topverkoper van die jaar oor alle genres heen.

* Lianie se jongste CD, Lank lewe die liefde, en haar duet-CD saam met Jay, Bonnie en Clyde, het albei al platinumstatus (verkope van 40 000) verbygesteek.  

* Wat jy nie van Lianie geweet het nie: “Ek is ’n people pleaser. Dis nie altyd ’n goeie ding nie, want mense kan my maklik misbruik. Ek is ook ’n perfeksionis.”

[box:full:grey:both]

[/box]

JAY (foto bo)

Van smeulende boyband-lid tot suksesvolle solo-kunstenaar.

* Sy grootste treffer, “Melanie”, en die gelyknamige album het hom twee Huisgenoot-Tempo-toekennings asook twee SAMA-benoemings besorg.

* Hy gebruik net sy eie mikrofoon vir vertonings en kan eenvoudig nie optree sonder sy gunsteling-gordel en sy blikkie Zam-Buk-salf nie!

STEVE HOFMEYR

Immer omstrede supervermaakkunstenaar 
en lewende legende.

Steve Hofmeyr

* 70 000 mense het na die musiekblyspel oor sy lewe, Dis hoe dit was, gaan kyk, 41 000 mense volg hom op Twitter, en hy het al meer as 23 000 twiets die wêreld ingestuur.

* Sy agter-oupagrootjie was genl. Louis Botha, Suid-Afrika se eerste eerste minister.

JUANITA DU PLESSIS

Dié grootste en gewildste Afrikaanse sangeres (meer as
2 miljoen CD- en DVD-verkope).

Juanita du Plessis

* Juanita het op haar toere al meer as 1,3 miljoen kilometer per motor afgelê en meer as 210 000 liter petrol daarvoor gebruik!

* Sy verklap: “Ek kan op my eie ’n groot regina-pizza met peri-peri-sous in net 10 minute opeet!”

KARLIEN VAN JAARSVELD

Die supersexy pop-ikoon – en dit byna oornag.

Karlien van Jaarsveld

* Haar debuutalbum, 
Jakkals trou met wolf se vrou, het platinumstatus behaal (meer as 40 000 verkoop).

* Sy het nou eers, op 26, begin kos kook.

BOBBY VAN JAARSVELD

Die volle popster-pakket: van sy pragtige seunsgesig tot sy sang- en skryftalent.

Bobby van Jaarsveld

* Hy het 10 musiektoekennings tussen 
April 2010 en Februarie 2011 gekry.

* Sy jongste album, Net vir jou, het dubbelplatinumstatus behaal!

JAK DE PRIESTER

Hy vul ’n marksegment wat niemand anders nog kon nie – tussen kabaret en kommersiële popmusiek.

Jak de Priester

* “Sally Williams Nougat” is in die nuwe FAK-sangbundel.

* Sy gedig “Onsekerheid” is in die nuwe Groot Verseboek. Vier van sy liedjies is in die fliek Semi-Soet te hoor.

THEUNS JORDAAN

Hy’t nie-kommersiële 
musiek gewild gemaak.

Theuns Jordaan

* Hy het die hoogste gemiddelde verkope per CD in die Afrikaanse musiekbedryf: 140 000 
per album.

* Theuns bestuur áltyd op toer.

* Liriek wat die meeste oor hom verklap: “Al ’n duisend keer hierdie pad gevat / Vir ’n appel en ’n ei deur my hart gestap / Vir die liefde van die saak” (uit “Tjailatyd”).

JANNIE MOOLMAN

Die gewildste klassieke tenoor.

Jannie Moolman

* Hy het al opgetree in Oostenryk, Duitsland, Engeland, Hongkong, China en verskeie Afrika-lande.

* Bekende operas waarin hy al te sien was, is Die Towerfluit, Madama Butterfly, Carmen en La traviata.

* Hy raak saans aan die slaap met Rammstein.

CORLEA BOTHA

Een van die beste, veelsydigste vrouestemme in die land.

Corlea Botha

* Gunsteling-kos: 
“As ek elke maaltyd soesji kon eet, sou ek.”

* In gr. 2 het sy vir die destydse TRUK in die kinderkoor in die opera La bohème gesing.

ROBBIE WESSELS

Hy kombineer toneelspel-vaardighede, humor en musiektalent om iets unieks te skep.

Robbie Wessels

* ’n Verstommende
 120 000 CD’s is van sy album Halley se komeet verkoop!

* Sy gunsteling-liriek: “Soos ’n kindjie na ’n Kinderbybel-prentjie kyk / Wil ek vir oulaas weer die stofreën op die grondpad ruik” (uit die liedjie “Halley se komeet”). “Ek dink enige plaaskind wat stad toe trek, hunker altyd na die plaas. Ek was nog die gelukkigste op plekke waar ek ver kon sien.”

RIANA NEL

Gospel-kunstenaar wat die kommersiële mark oorrompel het.

Riana Nel

* Riana was in 2000 die wenner van die ATKV se sangkompetisie Crescendo.

* Sy het verlede jaar in die fliek Saak van geloof teenoor Robbie gespeel.

* Sy en Robbie het in ’n stadium uitgegaan, maar is nie meer saam nie. Hulle praat egter net met lof van mekaar.

ARNO JORDAAN

Die man met ’n oor vir ’n treffer-dansliedjie.

Arno Jordaan

* Arno het in 2007 die Suid-Afrikaanse volkslied by die opening van die Drienasies-rugbyreeks gesing.

* Snaakse gewoonte: “Wanneer ek toer, maak ek altyd belaglike reëls op. Oortreders word gestraf en moet ’n Jägermeister drink.”

BOK VAN BLERK

Hy pak politieke sake en kultuurkwessies in sy liedjies.

Bok van Blerk

* Hy het al op die voorblad van die New York Times verskyn ná die opskudding wat “De la Rey” in Suid-Afrika veroorsaak het.

* Die liriek wat die meeste oor hom sê: “Oor die kalm varswaters skreeu ek vir my maters, hier’t ’n ding gebyt wat my heup verstuit.”

[box:full:grey:both]

AFRIKAANS IS GROOT WORD AANGEBIED SAAM MET SARIE, RAPPORT EN DIE HOOFBORG PICK ‘N PAY

[/box]

* Lees die volledige onderhoude met al dié sangers in die Oktober-uitgawe van SARIE, vanaf Maandag 17 September 2012 op straat.

  • marie saayman

    Wel Steve en Juanita bly maar my gunstelinge en dan kom Theuns Jordaan en Dozi

  • Christina

    Nee wat Theuns en Juanita is heel bo, maar ek moet se ons het darem baie goeie Afrikaanse
    kunstenaars.

  • Karin

    Fantastiese talent wat ons tans in Suid-Afirka het!