FOTO:  @kevinanderson18

FOTO: @kevinanderson18

Het jy gehoor?

SA se trots: Kevin Anderson dring deur na Amerikaanse Ope kwarteindstryd

Die Suid-Afrikaanse tennisspeler Kevin Anderson het tot sy eerste Amerikaanse Ope-kwarteindstryd deurgedring, ná hy Maandag die Skot Andy Murray op die baan uitgestof het, berig EWN

Kevin, nommer 15 op die wêreldranglys, het Andy, nommer drie op die wêreldranglys, ná vier uur en 18 minute met 7-6(5) 6-3 6-7(2) 7-6(0) geklop.

Hy het sy oorwinning as ’n “ongelooflike ervaring” en “onvergeetlik” op sosiale media bestempel.

Talle invloedryke Suid-Afrikaners, soos die gholfspeler Gary Player, het ook Twitter gebruik om Kevin geluk te wens. 

Die 29-jarige Suid-Afrikaner sal dus later vandag (Amerikaanse tyd) die Franse Ope-kampioen, die Switser Stanislas Wawrinka, wat nommer vyf op die wêreldranglys is, aanvat.

Baie geluk, Kevin – jy maak SA trots!

Williams-susters vat die baan

Voglens NPR speel Serena Williams ook in die Amerikaanse Ope halfeindstyd, ná sy haar suster, Venus Williams, Dinsdagaand gewen het. Maar dit was glad nie ’n skok toe Serena, nommer een op die wêreldranglys, haar ouer suster met 6-2, 1-6, 6-3 verslaan het nie. Sy speel volgende teen Italië se Roberta Vinci, wat 43 ste op die wêreldranglys is.

Selfvertroue is Serena se geheim tot sukses.

Bronne: EWN en NPR

Lees ook