the_wild
Het jy gehoor?

SA sepie benoem vir internasionale TV-toekenning

Dít is die kersie op die koek vir The Wild, wat gisteraand ook hul eerste jaar op TV gevier het. The Wild is in die kategorie sepies en telenovelles benoem en ding met vyf ander sepies en telenovelles mee.

“Om vir hierdie toekenning benoem te word is ’n pluimpie vir The Wild se passievolle en toegewyde span – die akteurs sowel as almal wat agter die skerms werk – wat gehelp het om dit ’n gehalte-produksie te maak,” sê Lani Lombard, M-Net se kommunikasiehoof.   
 

Die Banff Rockies-toekennings is al vir meer as 30 jaar ‘n instelling. TV-reekse wat verlede jaar bekroon is, sluit in Downton Abbey en The Big C. Die wenners word tydens die Banff- internasionale mediafees in Kanada bekend gemaak, wat van 10 – 13 Junie gehou word.
 
* The Wild word weekliks van Maandag tot Donderdag om 19:00 op M-Net uitgesaai.

* Sien die volledige lys benoemdes vir die Banff Rockies hier.