Het jy gehoor?

SA supermodel hou almal op hoogte oor orkaan Irene

Die orkaan Irene het die afgelope naweek die ooskus van Amerika op sy hoede gehad. Selfs New York het soos ‘n spookdorp gelyk.

Uitsig uit Nicola se woonstel Net voor sy haar woonstel verlaat het
Uitsig uit Nicola se woonstel vóór orkaan Irene. Uitsig uit Nicola se woonstel net voordat sy moes ontruim.
   
   
[box:full:grey:both]

Vrydag 26 Augustus 2011

[/box]

  • Ag nee, net betyds Florida verlaat om orkaan Irene te mis, maar gaan dit nou in New York tref!
  • Ek kyk CNN om op hoogte te bly van orkaan Irene, lyk of New York erg geslaan gaan word. Veral Manhattan en Battery Park, waar ek woon!
  • Ek het nie gedink dit gaan so erg wees nie, maar die onderkant van my gebou gaan na verwagting heeltemal oorstroom word!
  • Nou raak ek skrikkerig. Hulle vermoed orkaan Irene gaan die laer deel van Manhattan, waar ek bly, direk tref.
  • Ons word amptelik môre-oggend ontruim.
[box:full:grey:both]

Saterdag 27 Augustus 2011

[/box]

  • New York lyk soos 'n spookdorp Dit lyk soos ’n spookdorp in New York!
  • Hier kom Orkaan Irene Die reën begin val
  • Dit begin reën Nicola in ‘n nat New York!
  • Ons is in die Carlyle Hotel op die 30ste verdieping, nog hoër as ons woonstel…
  • Die wind begin vreeslik waai.
[box:full:grey:both]

Sondag 28 Augustus 2011

[/box]

  • In die bo-dorp is dit nie so erg nie, maar waar ons woon is baie water en vloede.
  • Net ’n tropiese storm en baie minder as verwag, maar steeds vloede en baie water, nou wag ons net vir die elektrisiteit om weer aan te gaan sodat ons kan huis toe gaan.
[box:full:grey:both]

Maandag 29 Augustus 2011

[/box]

  • Pragtige dag in New York Vandag is New York pragtig en skoon

Volg Nicola op Twitter

Volg SARIE op Twitter en Facebook