Het jy gehoor?

SA ‘Tarzan’ Hollywood toe met ‘n droom

Die obsessie het drie jaar gelede begin toe aspirant-akteur en professionele liggaamsbouer DeWet du Toit op die internet lees van die produksiehuis Warner Bros. se plan om weer ‘n fliek oor Tarzan, die koning van die oerwoud, te maak. Sedertdien hardloop hy vier dae per week kaalvoet en slegs in ‘n lendekleed in die bosse langs die Tuinroete rond as voorbereiding vir dié “groot rol”.

Sy oudisie-video wat hy op YouTube gelaai het, is al sowat 300 000 keer gekyk.

DeWet gaan vandeesmaand Amerika toe om die Tarzan: Lord of the Louisiana Jungle-fees in Morgan City, wat op 13 en 14 April plaasvind, by te woon. Dit is hier waar die oorspronklike Tarzan of the Apes-stilrolprent verfilm is. Hy sal sy eie Tarzan-kortfliek vertoon asook ‘n voorlegging doen.

Maar die opwindende deel is dat ‘n Duitse TV-span sy besoek op film sal vaslê en hy het selfs ‘n ontmoeting met ‘n Warner Bros.-regisseur in Los Angeles gereël.

HIER IS DEWET SE TARZAN-KORTFLIEK


  • USrules

    You’ve got to be kidding me.

  • isolde

    duvet du toi

  • isolde

    Starring Charlize THerahn and Duvet du Twah… God gee dit vir die kind!