FOTO: Instagram / @mayemusk

FOTO: Instagram / @mayemusk

Het jy gehoor?

Elon Musk se ma op 68 model

Die SA gebore miljardêr Elon Musk se ma het op 68 ’n modelkontrak onderteken.

Maye Musk doen die afgelope 5 dekades modelwerk, het in talle Revlon-advertensies verskyn en selfs in Beyoncé se musiekvideo Haunted gespeel. Verlede jaar was sy in haar eerste New Yorkse Modeweek op die loopplank.

“Ek was bekend en toe word Elon bekend,” het sy skertsend aan The New York Times vertel.

Die afgelope week het Maye ’n kontrak onderteken met die gesogte agentskap IMG Models, berig Observer. Dié agentskap verteenwoordig ook die Brasilaanse model Gisele Bündchen, sowel as Gigi Hadid.

Flying to NYC today. Do I look cool enough? Ha! #editorial

A photo posted by Maye Musk (@mayemusk) on

Bye #NYC #Puppybound #photo #arisethcohen

A photo posted by Maye Musk (@mayemusk) on

Maye het op 15 haar eerste modelwerk in Johannesburg en Pretoria gedoen. En later het sy tussen die modelwerk deur haar BSc-graad in voedingswetenskap verwerf. Toe sy op 42 met haar gesin na Toronto, Kanada, verhuis, het sy steeds modelwerk gedoen en twee meestersgrade verwerf.

Sy bly tans in New York en is ouma van tien kleinkinders.

20160429_VGB Tag

Lees nou

Suid-Afrikaanse regisseur vir Tony benoem

Seun van Pretoria oorsee vereer

Twee van SA onder wêreld se 5 invloedrykste mans