Het jy gehoor?

Sandra Bullock en Ryan Reynolds se geheime troue

Dit kom ná ’n vakansie saam, waar Ryan en Sandra se seun, Louis, baie na aan mekaar geraak het. ’n Bron het aan showbizspy.com vertel dat Ryan vir Sandra gesê het hy sal vir haar wag om te trou tot sy reg is. Volgens die bron het Sandra na die vakansie besluit sy is reg!

Hulle wil graag ’n baie informele kaalvoet-troue hou wat pas by hul gemaklike leefstyl.

Louis is 20 maande oud, en Sandra het hom in Februarie 2010 saam met haar eks-man, Jesse James, aangeneem.

Scarlet Johansson, Ryan se eks-vrou, het haar seën oor die beplande huwelik uitgespreek. Sy is mal oor Sandra en respekteer die verhouding, het die bron verder vertel.

Sandra en Ryan was vir baie lank goeie vriende en was saam te sien in die 2009-fliek The Proposal.