Sandra Bullock FOTO Gallo Images/Getty Images

Sandra Bullock FOTO Gallo Images/Getty Images

Het jy gehoor?

Sandra Bullock het fliekrol by George Clooney “gesteel”

Hollywood word gekritiseer vir seksisme en die gebrek aan sterk hoofrolle vir vroue, toe maak Sandra Bullock ‘n plan! 

Die Oscar-bekroonde aktrise het ’n fliekrol wat vir haar mede-akteur in Gravity en vriend George Clooney bedoel was vir haarself geëien, nadat sy geen “opwindende” vroulike karakters kon vind om te speel nie, berig Indie Wire.

Sandra het met Entertainment Weekly oor die politieke drama Our Brand Is Crisis gepraat. Hierin speel sy die rol van ’n politieke strateeg, wat oorspronklik geskryf is met George Clooney in gedagte: “Sowat twee en ’n half jaar gelede het ek op die punt gekom waar ek besef het ek vind nie rolle wat my opgewonde maak nie. Toe begin ek vra of daar enige manlike rolle is wat aangepas kan word vir ’n vrou.”

George en sy vervaardigingsvennoot Grant Heslov het toe hul oorspronklike plan heroorweeg en die hoofrol aan Sandra gegee.

Our Brand Is Crisis sal vanaf 30 Oktober in Amerikaanse teaters begin draai.

Bronne: Entertainment Weekly en Indie Wire

Lees ook