FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Sandra Bullock in nuwe ‘Ocean’s Eleven’-film

Die Oscar-bekroonde aktrise Sandra Bullock sal heel moontlik die hoofrol in die volgende Ocean’s Eleven-fliek speel. Daily Mail berig die nuwe rolverdeling sal net uit vroue bestaan.

Sandra se nuutste fliek, This Brand is Crisis, wat die afgelope naweek in Amerika begin wys het, was ook oorspronklik vir ’n man geskryf. Sy het onlangs gesê sy het die rol by George Clooney, wat saam met haar uitvoerende vervaardiger van dié fliek is, “gesteel”.

Dit lyk of Hollywood op dié manier probeer vergoed vir die feit dat aktrises minder verdien as hul manlike kollegas. Die splinternuwe Ghostbusters-fliek se rolverdeling bestaan slegs uit vroue en daar is sprake dat Charlize Theron ’n rol in The Gray Man gaan speel wat oorspronklik vir Brad Pitt bedoel was.

Daar word bespiegel dat Hunger Games se Jennifer Lawrence ook in die nuwe Ocean’s Eleven te sien sal wees omdat die regisseur van Hunger Games, Gary Ross, ook betrokke is.

Volgens Polygon is daar nog nie bevestig of die fliek op die 2001-weergawe, waarin George Clooney, Brad Pitt en Matt Damon gespeel het, geskoei sal wees nie.

Bronne: Daily Mail en Polygon

Lees ook

ZZZ