"Gravity" - Red Carpet Arrivals: 57th BFI London Film Festival
Het jy gehoor?

Sandra Bullock neem dogtertjie aan

Daar was vroeër vanjaar gerugte dat Sandra Bullock nog ’n kind aangeneem het, maar sy het dít later ontken.

Maar vandag het People eksklusief bekend gemaak dat Sandra wel weer aangeneem het – dié keer ’n 3-jarige dogter, Laila. Volgens Huffington Post spreek jy haar naam as “Lila” uit.

sandra-bullock-600x800

Sandra het ook in 2010 vir People vertrou om die nuus bekend te maak dat sy vir Louis aangeneem het. Dié seuntjie is nou al 5 jaar oud.

sandra_bullock

Sy vertel aan People: “Die regte kinders het op die regte tyd na my toe gekom”.

Sandra en die fotograaf Bryan Randall is sedert Junie vanjaar ’n paartjie. Dis ook hy wat die foto vir die voorblad van People geneem het.

Sandra verduidelik dat sy gewag het om dié nuus te deel om Laila se privaatheid te beskerm en te sorg dat sy veilig is gedurende die wettige proses om haar aan te neem.

Bronne: People en Huffington Post