FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Sandra Bullock neem glo nog ’n baba aan

Die Oscar-bekroonde aktrise Sandra Bullock het nog ’n baba aangeneem, berig Radar.

Sy het in 2010 haar eersteling, Louis (5), aangeneem net voor sy van haar eksman Jesse James geskei is.

sandra_bullock

Volgens ’n bron na aan haar is die nuwe toevoeging tot die familie ’n dogtertjie. Sandra het ook nie rolle in opkomende flieks in die volgende paar maande nie en kan dus baie tyd saam met die baba spandeer ná die première van Our Brand Is Crisis wat op 30 Oktober in Los Angeles plaasvind.

Daily Mail berig dat haar nuwe kêrel, die fotograaf Bryan Randall, hierdie week by haar ingetrek het. Die bron het ook gesê Sandra glo Bryan sal ’n goeie vaderfiguur vir haar twee kinders wees.

Bronne: Daily Mail en Radar

Lees ook