FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

Sandra Bullock People se Mooiste Vrou in 2015 – op 50!

Die Amerikaanse tydskrif People het vir Sandra Bullock aangewys as hul Mooiste Vrou ter Wêreld vir 2015.

Maar sy vertel aan People dat sy nie skoonheid vind in die uiterlik nie, maar in haar rol as ma vir haar 5-jarige seun, Louis. Hy bied vir haar ’n konstante herinnering van wat belangrik is.

“Ware skoonheid is stil. Veral in dié stad (Los Angeles) is dit moeilik om nié te sê: ‘Oe, ek moet só lyk’ nie. Nee, wees ’n goeie persoon, wees ’n goeie ma, maak lekker middagete, laat iemand voor jou insny wat lyk asof hulle meer gejaagd is as jy,” sê Sandra.

Die mense wat vir my die mooiste is, is daardie wat nie probeer nie.

- Sandra Bullock

Sandra Bullock Is PEOPLE's 2015 World's Most Beautiful Woman!| Most Beautiful 2015, Individual Class

FOTO: People / CLIFF WATTS

Lees meer op People se webtuiste.

Nóg sterre op 50

Op 50 is die Italiaanse aktrise Monica Bellucci die oudste Bond-meisie nóg. Monica gaan die nuwe Bond-meisie in die volgende James Bond-film, Spectre, wees. En volgens mense se reaksie op sosiale media is sy ’n gewilde keuse vir dié ikoniese rol.

Monica Bellucci (links) en Lea Seydoux  FOTO: Dave J Hogan / Getty Images

Monica Bellucci (links) en Lea Seydoux
FOTO: Dave J Hogan / Getty Images

Nóg celebs wat al die groot 50 gevier het

FOTO: SARIE

FOTO: Clinton Lubbe

Kyk ook na dié mooimaaksessie: Rosan Jansen van Vuuren: “Op 50 kan ’n vrou nog sprankel”

Bron:  People