sandra bullock
Het jy gehoor?

Sandra Bullock praat oor gesin PLUS beskerm só jou kinders aanlyn

Die bekroonde aktrise Sandra Bullock het nog ’n kind, ’n 3-jarige dogtertjie (Laila) aangeneem. Volgens People beskryf sy haar gesin as baie tradisioneel. 

Die 51-jarige donkerkop vertel hul huis is, soos baie ander gesinne s’n, gevul met baie liefde, grappies, besige skedules en min slaap.

Hoewel sy foto’s van haar gesin gedeel het, wil sy hul privaatheid beskerm. Jy kan dus nie die kinders se volle gesigte in die foto’s sien nie: Op een van die foto’s is hulle van die kant afgeneem en op ’n ander een is Laila se rug na die lens gedraai, terwyl die 5-jarige Louis ’n rooi masker dra.

Sandra en die fotograaf Bryan Randall is sedert Junie vanjaar ’n paartjie. People het haar gevra of sy ooit weer sal trou. Hoewel sy nie so dink nie, kan sy haarself in ’n veilige, gevestigde verhouding sien.

Riglyne wanneer jy foto’s van kinders aanlyn deel

  • Wees selektief met wie jy foto’s deel
  • Verander privacy settings sodat dit jou behoeftes pas
  • Vra ouers se toestemming voordat jy foto’s van hul kinders op sosiale media oplaai
  • Moenie foto’s van badtyd en ander private oomblikke met die wêreld deel nie
  • Beperk die hoeveelheid private inligting, soos volle naam en adres
  • Wees bewus wanneer jy foto’s geotag

Bronne: PeopleParents en The Guardian 

Lees ook 

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!