FOTO: Instagram popeofwelding

FOTO: Instagram popeofwelding

Het jy gehoor?

Sandra Bullock se eksman onthul moeilikste deel van egskeiding

Die Oscar-bekroonde aktrise Sandra Bullock se eksman, Jesse James, vertel om sy seun te verloor was die moeilikste deel van hul egskeiding, berig E! Online

Sandra en Jesse het in 2010 vir Louis, nou 5 jaar oud, saam aangeneem. Hulle is in dieselfde jaar geskei, ná verskeie vroue gesê het hulle het romantiese verhoudings met Jesse gedurende die paartjie se huwelik van 5 jaar gehad.

Die 46-jarige motorfietsvervaardiger sê hy wens hy kon die kleuter sien grootword. Volgens hom is dit onregverdig dat ontrouheid hom die verhouding met sy seun gekos het, maar dat dit volgens Hollywood se “wette” heeltemal regverdig is.

sandra_bullock

Volgens Entertainment Tonight tob Sandra glad nie oor die verlede nie en voel sy dat sy presies is waar sy wil wees in haar lewe en loopbaan. Sy en die fotograaf en model Bryan Randall is nou ’n paartjie.

Bronne: Entertainment Tonight en E! Online

Lees ook