bridesmaids
Het jy gehoor?

Sandra Bullock en Bridesmaids-aktrise saam in nuwe fliek

Bullock en Melissa McCarthy, wie ‘n Oscar-benoeming vir haar rol as Megan in Bridesmaids gekry het, gaan saam in ‘n skreeusnaakse nuwe polisie-fliek speel. Dit handel oor ‘n moeilike werksverhouding tussen ‘n streng FBI-agent en ‘n baie onkonvensionele Boston-polisievrou. Paul Feig (Bridesmaids) is die regisseur.

Bullock het in 2010 ‘n Oscar gewen vir haar rol in The Blind Side en ook intussen ma geword van klein Louis.  McCarthy sal aan die einde van die jaar op die grootskerm te sien wees in die Judd Apatow-komedie, This is 40.