FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Sandra Prinsloo vereer met hoogste orde

Die ikoniese aktrise Sandra Prinsloo gaan vanjaar deur president Jacob Zuma vereer word wanneer hy ’n Nasionale Orde aan haar toeken.

Volgens Die Burger gaan die staatspresident op Vryheidsdag (27 April) vanjaar se Nasionale Ordes toeken. Dié eer – die hoogste toekenning in Suid-Afrika – word al vir die afgelope 20 jaar toegeken aan diegene wat bydra tot die verbetering van Suid-Afrika se demokrasie en van ander landsburgers se lewens.

Sandra Prinsloo gee raad vir verhoudings

“Dit wys net weer die magic van Sandra – dat haar kunstenaarskap en mens-wees elke grens oorskry,” sê Alexa Strachen, woordvoerder en vriendin van Sandra Prinsloo aan SARIE.com.

“Sandra is relevant vir die breë gemeenskap – sy sien haarself nie as iemand wat aan een etniese groep behoort nie. En dié orde bevestig dat ander mense dit raaksien.”

Sandra en Marius – weer saam op die verhoog by KKNK

Sandra se uitmuntende bydrae tot die kunste én die standpunt wat sy teen rassisme ingeneem het, word vereer met die Orde van Ikhamanga (silwer). Die Olimpiese swemmer Cameron van der Burgh en die Paralimpiese atleet Fanie van der Merwe ontvang dié orde saam met Sandra.

Cameron van der Burgh se nuwe meisie

“Sandra voel geweldig vereer, dis wonderlik vir kunstenaars om dié tipe erkenning te kry,” het Alexa gesê.

*Lees hier meer oor vanjaar se Nasionale Ordes.

Bron: Die Burger