john_kani_tempest
Het jy gehoor?

SA’ners blink uit oorsee

Trots op julle 1: As jy familie in Engeland het wat huis toe verlang, laat hulle die plaaslike weergawe van William Shakespeare se The Tempest (Regie: Janice Honeyman) gaan geniet. Dit toer tans in die Verenigde Koninkryk ná ‘n suksesvolle plaaslike speelvak. En dit het die teatergemeenskap daar behoorlik aan die gons! Met die gravitas van twee gróót name, John Kani en Sir Antony Sher, en ‘n goeie dosis jong plaaslike talent (onder andere 2 van die Brett Goldin-beurswenners). Bykans elke resensent gee The Tempest 5 sterre.

*Hul toer eindig op 26 April ná speelvakke in onder meer Leeds, Bath, Nottingham en Sheffield.
** FOTO Eric Miller


Trots op julle 2:
Kunsfotograaf Abrie Fourie se solo-uitstalling Oblique open Vrydagaand 20 Maart in die Vladimiro Izzo-galery in Berlyn. Hy is ‘n wenner van die eertydse Brett Kebble-prys en woon sedert 2007 in Berlyn, maar keer gereeld terug na SA. Sy werk is deel van internasionale kunsversamelings.

 

Trots op julle 3: Cape Times-fotograaf Henk Kruger het ‘n tweede prys in die Spot News-kategorie van die World Press Photo-kompetisie gewen. Klik hier om sy wenfoto te sien.