Andriëtte Norman
Het jy gehoor?

Sanger Andriëtte se nuwe musiekvideo

Waardeer mekaar en moenie wag om te sê ek is lief vir jou nie. Dís die boodskap wat Andriëtte Norman met haar nuutste musiekvideo wil deel.

Andriëtte is verlede jaar met Glynn,’n biokinetikus, getroud. En haar nuutste musiekvideo, Mag hy, gaan juis oor die liefde en die lewe. In die musiekvideo vertel die bekende wynmaker Beyers Truter van Beyerskloof hoe kosbaar die liefde is. Beyers se vrou, Esmé (57), is in 2014 skielik dood toe sy in haar tuin inmekaargesak het.

Dis juis ’n oomblik tussen Andriëtte en Beyers wat dié sanger se lied geÏnspireer het.

SKERMGREEP: YouTube

SKERMGREEP: YouTube

“Eendag het ek met Oom Beyers sit en gesels. Hy het met soveel diepte en emosie gepraat en vertel hoe hy nog ‘n afspraak met sy vrou wou maak om te sê hy gaan nou tyd in sy dagboek ooplos net vir hulle twee. Dit was te laat toe hy haar wou vertel. Sy het in die tuin gewerk en geval en hy kon nooit vir haar dit sê nie. Dit het my laat dink hoe kort die lewe is. Niemand is van nog ‘n dag op aarde gewaarborg nie. Waardeer mekaar en moenie wag om te sê ek is lief vir jou nie,” het sy in ’n verklaring gesê.

Kyk haar nuwe musiekvideo hier

 

Lees nou