FOTO: Twitter  @celinedion

FOTO: Twitter @celinedion

Het jy gehoor?

Sanger Céline Dion verloor haar René

Céline Dion se man en voormalige bestuurder, René Angélil, het sy stryd teen kanker verloor.

In 2014 het René uitgetree as Céline se bestuurder toe sy stryd teen kanker vererger het. Sy het gister oor sy afsterwe getwiet:

Die paartjie het in 1980 in Kanada ontmoet toe Céline net 12 jaar oud was. René het ’n opname van haar gehoor en onmiddellik besef dat sy ’n groot ster kan word. En in 1990 het sy internasionale sukses behaal.

Al was daar ’n ouderdomsgaping van 26 jaar, het hulle verlief geraak en in 1994 getrou, toe Céline 25 jaar en Réne 51 jaar oud was. Die paartjie was vir 22 jaar getroud en het drie kinders saam gehad.

Hier praat Céline in 2015 oor haar man se gesondheid:

 Lees nou