Het jy gehoor?

Sanger en liedjieskrywer Hanno van Heerden verloor sy stryd teen kanker

Hy was die voorsanger van die groep ‘n Man soos Jan, wat laas jaar die Vonk-toekenning vir beste nuweling gewen het met hul album Die ritme van jou naam. Die groep het ook die temamusiek van die Glitterati-geselsprogram op kykNET geskryf.

Hanno het sy BA-graad in Drama en Toneel in 2006 by Kovsies ontvang, maar is ook daardie jaar met kanker gediagnoseer. En later daardie jaar is sy ma ook aan kanker oorlede. In Mei vanjaar is testikulêre kanker by hom ontdek, berig www.jouwêreld.co.za

Op die groep se Facebook-blad het die tromspeler JP van Schalkwyk geskryf:

“Hanno van Heerden het vroeg vandag sy stryd teen kanker verloor. Dié ongelooflike sanger, musikant en liedjieskrywer het soveel van ons aangeraak met sy woorde, liefde en vriendskap. Baie dankie aan almal wat hom bygestaan het. Ek wil graag my medelye aan sy familie en vriende oordra. Ek wens vir julle vrede en hoop… dat die gedagte dat hy nou op ‘n beter plek is rustigheid sal bring.”

  • Rietjie Lotter

    Wil net sy familie baie sterkte toewens in hierdie moeilike tyd

  • Lida Bosman

    Hanno was ‘n great mens! Hy los ‘n lee plekkie in baie van ons se harte. Darem het jy vir ons ‘n stukkie van jouself gelos in jou musiek, dankie Hanno!!

  • Hanno herinner my daaraan dat die lewe soos ‘n vaart op ‘n seilboot is: Geniet die uitsig (Sy lewe getuig daarvan);Verken die vaartuig (Hanno het vele dimensies van die lewe deurleef);Maak vriende met die kaptein (Hanno het sy Kaptein geken); Vang so bietjie vis (met sy positiewiteit en humor was die lewe vir Hanno ‘n hengelparadys); En klim af as jy tuiskom (Hanno het afgeklim. Hy is tuis).

  • Diana Claassens

    Sal jou nooit vergeet nie… Die eerste keer dat ons jou ontmoet het, het jy ‘n impak op my en Telana gelaat. Dit was so ‘n voorreg om jou te ken. Gaan jou mis, jong!

    Alle sterkte aan jou familie en geliefdes. Ons bid.

  • Suretha Booysen

    Baie dankie Sarie!
    Die familie waardeer al julle medelye!
    Groete

  • Alta Kriel

    " Ek le in my kamer en luister, as die nag kom om my toe te vou…wyl die Vrystaatse duister my oe toe kom maak en my hart dan ook plaas toe verlang..dit is my Hartland…ja, net daar kan ek vry wees… (Liedjie geskryf deur Hanno). Wat ‘n impak het een mens op ander se lewens gehad! Rus in Vrede, Han.

  • Sharon

    God se genade is groot, dis moeilik om nie te vra waarom en hoekom?. Sterkte aan die familie en vriende wie se lewe dit aanraak.

  • aAy8xj timidmopaicb, [url=http://qruxglzlefqa.com/]qruxglzlefqa[/url], [link=http://yutqoftnsvsq.com/]yutqoftnsvsq[/link], http://vrxnqulfxosj.com/

  • Hannatjie

    Hey, maat ek is nou so trots en so hartseer!! Ek is so bly jy het dit in die musiekwereld gemaak, maar so hartseer dat jy so vroeg teruggeroep is hemel toe. Ek is ook net so trots om te sien al was jy famous het jy nog altyd net Hanno gebly! Well done tjomma!