FOTO:  @jennapietersen

FOTO: @jennapietersen

Het jy gehoor?

Sanger Jack Parow 23 kg ligter!

‘Geniet die lewe, maar bly in ’n healthy direction

Projek Gewigsverlies het in April 2015 afgeskop en op 17 Augustus was sanger Jack Parow op sy teikengewig. Jack Parow (gebore Zander Tyler), wat met sy meisie, model Jenna Pietersen, en hul driejarige Ruby in die Kaap woon, sê dit is amazing om weer T-hemde te kan dra wat tien jaar lank te klein was in sy “vet” dae, toe hy 106 kg geweeg het. “En dit is snaaks, die ander dag in ’n restaurant hoor ek hoe mense agter my wonder of dit actually ek is. Mense herken my nie.

“Die grootste motivering vir gewigsverlies is wanneer die kilogramme wegval.”

- Jack Parow

Jack het aanvanklik met sy “nuwe lewe” begin omdat hy reken die musiekbedryf is maar rof en as jy nie na jouself kyk nie, kan jy gou uitbrand. “Ek het ’n klomp vrae gevra oor wát gesondwees is. Toe begin ek sommer ’n bietjie beweeg: aksie-krieket, branderplankry, gholf en touchies. Ek het ’n klein bietjie gewig verloor en lekker gevoel as ek sport doen, maar om regtig vet te verbrand neem lank.”

Lees presies hóé Jack die gewig verloor het en sy topwenke in die Februarie-uitgawe van SARIE.

Ons gesels ook met Mej. SA-finalis Marciel Hopkins oor haar gewigsverlies van 14 kg én François Bloemhof het 18 kg verloor!

Donnalee Roberts Februarie Feb 2016

Lees nou