FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

Sanger Jack Parow vind sy gesteelde tjor!

Jack Parow is omtrent in sy noppies, want hy het ná ses jaar uiteindelik sy gesteelde Citi Golf gevind.

“Jong, ek sal hom nie gou weer kan ry nie. Hy is eintlik bietjie in sy moer in! Maar dis steeds great om my ou tjor te kon vind,” het Jack aan SARIE.com vertel.

Hy het vanoggend die goeie nuus op Instagram gedeel. Die motor het oorspronklik aan sy ouma behoort. “Dit was omtrent goeie memories.”

Jack sê hy is baie beïndruk met die polisie. “Mense sal altyd kla oor die polisie. Maar hulle is nie so sleg nie. My kar was vir ’n ruk by die polisie, hulle kon my net nie opspoor nie. Maar hulle het aanhou soek en dis cool.”

Jack moes sy kar by die Bellville-polisiestasie gaan uitken. Sy motor was skoon ’n heel ander kleur.

“My kar was oorspronklik rooi. Maar jy kon duidelik sien dit was ’n badly done paint job. Daai blou het sommer so afgeskilfer.”

Jack Parow verklap iets oor sy lyf in SARIE se Februarie-uitgawe! Op die rakke van Maandag 18 Januarie.

Lees ook