FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

HARTSEER NUUS: Sanger Jacques de Coning se seun verongeluk

Die sanger Jacques de Coning se seun het Vrydagaand in ’n motorongeluk gesterf, berig Die Burger.

Basil, Jacques se 24-jarige seun, het Vrydagaand omstreeks 20:30 in Port Elizabeth verongeluk. Dit lyk of hy beheer oor sy voertuig verloor het en ’n boom dwars getref het.

Jacques se broer, ook Basil, het aan Die Burger gesê Jacques en sy vrou, Lynette, is “gebroke”.

Jacques en Lynette was tydens die ongeluk op Boesmansriviermond, sowat ’n uur se ry vanaf  PE, waar hulle ’n kroeg en eetplek besit.

Basil se suster, Joani, het die volgende op Jacques se Facebook-blad gepubliseer:

Hi all, on behalf of my mom and dad we thank you all for the support and messages. Please understand that this is a very diificult time for us so if you cannot get hold of us please just understand.

Lees meer op Die Burger se webwerf.

Bron: Die Burger