jakdepriester
Het jy gehoor?

Sanger Jak de Priester vier verjaardag met spesiale erkenning

Vandag vier die sanger en pa Jak de Priester nie net sy verjaardag nie, maar ook die onthulling van sy eie liedjiebord in die FAK-liedjietuin.

Dit is ’n liedjie oor ’n geliefde soetigheid wat vir Jak de Priester die eerste keer in die kollig geplaas het. En vandag, ná al die jare, het die liedjie “Sally William Nougat” weer vir Jak eer gebring – hy kry sy eie liedjiebord in die FAK-liedjietuin.

Die tuin, in samewerking met Ludwig’s Roses, by die Voortrekkermonument in Pretoria het 220 naamrose wat aan bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars opgedra is, met bordjies waarop bekende Afrikaanse liedjies se lirieke verskyn. En nou is Jak se “Sally William Nougat” een daarvan.

Boonop vind die inhuldiging vandag op Jak se verjaardag plaas!

Jak de Priester is getroud met Michelle, die vrou agter die inspirasie van dié gewilde liedjie. Hulle het twee kinders Jamie (4) en Mija (2).

Jak de Priester en gesin:

sr1212_jak_de_priester_2_