jakkie_louw
Het jy gehoor?

Sanger Jakkie Louw se dogter vanoggend gebore

Jakkie en Anel Louw is reeds die trotse ouers van klein Linke, en het vanoggend nóg ’n dogtertjie ryker geword.

Jakkie het vanoggend op Twitter dié nuus gedeel. Kara Louw is gebore en beide ma, Anel, en pienkvoet is gelukkig en gesond.

Jakkie het net verlede week ’n twiet gedeel oor ‘ousus’ Linke, wat bewys dié sanger is ’n trotse pappa. Hy het by dié foto geskryf dat hy die “mooiste ballet” van sy lewe gesien het.

Geluk Anel en Jakkie!