FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

Steve se nuutste boek PLUS nóg ’n Afrikaanse sanger-skrywer

Steve Hofmeyr se agtste boek, Laaste dans, Drienie, is eersdaags op die rakke.

Steve het ’n foto van hom en die eerste kopie van sy nuwe boek op sy Twitter-profiel gedeel.

Nóg ’n Afrikaanse sanger nou ’n skrywer

FOTO: www.jakkielouw.co.za

FOTO: www.jakkielouw.co.za

Die Afrikaanse sanger Jakkie Louw skryf al sedert 2011 ’n handleiding vir jong sangers oor oorlewing in die Afrikaanse musiekbedryf. Dié boek word binnekort uitgereik.

“Die lekkerste deel van die skryfproses is die wete dat die boek ander sal kan help. Al help dit net een persoon, het ek steeds gewen,” sê Jakkie. Hy hoop Die musikant se handboek sal jong musikante in die Afrikaanse musiekbedryf met finansiële én kreatiewe uitdagings help.

“Baie ouers vra my ná ’n vertoning: ‘My kind sing, help asseblief,’ en dié boek is die antwoord,” vertel die sanger, wat ook by van die land se ander top-musikante aangeklop het vir ekstra raad.

Die boek bevat vraag-en-antwoord-onderhoude met sangers soos Steve Hofmeyr, Anton Goosen, Chris Chameleon en Jack Parow.

“Dit verskil heeltemal van liedjie-skryf. Om ’n handleiding te skryf is nie speletjies nie. Om liedjies te skryf kom natuurlik vir my – partykeer sommer so by die braai.”

En natuurlik het Jakkie eerstehandse ervaring. “Die algemene kennis van my eie ondervinding het gehelp. Dis alles feite, daarom kon ek dit net neerskryf,” verduidelik hy.

Jakkie hoop om voor Junie vanjaar reeds die boek by sy eie konserte te begin verkoop en later die verkope ook verder te versprei.

Jakkie tree môre-aand by Die Blou Hond in Pretoria op vir die opening van GrootFM se Open mike-aande. Bel Anel  by 084 806 6570 vir meer inligting.

rgb steve

 

 

Onthou om die Maart-uitgawe van SARIE te koop vir eksklusiewe foto’s van Steve en Janine se prag-troue.