FOTO: Twitter  Jay_du_Plessis

FOTO: Twitter Jay_du_Plessis

Het jy gehoor?

Sanger Jay du Plessis in hospitaal ná perdry-ongeluk

Die Afrikaanse sanger Jay du Plessis is in ’n plaaslike hospitaal in Bloem­fontein opgeneem ná ’n perdry-ongeluk, berig OFM.

Volgens Netwerk24 het hy Dinsdagoggend op ’n jagplaas net buite Zastron, in die Vrystaat, van ’n perd geval. Die hoof van die Hoërskool Zastron, Dawie Venter, het die gebeure aan Volksblad bevestig.

As deel van geldinsamelingsprojek sou Jay gisteraand saam met leerders in ’n skoolkonsert op die dorp optree.

My baba 1 jaar oud vandag!!! Kan dit nie glo nie

A photo posted by Mia Du Plessis Full (@mia_duplessis) on

Corné Oosthuizen van CO Productions, die maatskappy wat Jay se loopbaan bestuur, het in ’n verklaring gesê dat Jay sy oogbank gebreek het, ’n ooglid geskeur het en sy niere en ribbes in die ongeluk gekneus het, maar dat hy wel “buite gevaar” is.

“Hy het reeds steke in onder meer sy knie en enkel gekry en die ooglid word môreoggend (vanoggend) om 08:00 geheg tydens ’n operasie,” lees die verklaring verder.

Jay en Mia du Plessis is die ouers van Aidan, Samuel en Luka.

Nóg bekendes wat in ongelukke beseer is: 

  • Die aanbieder van kykNET se Woema, Theunis Nel, was in ’n kritieke toestand ná ’n motorfietsongeluk, wat op 10 November 2014 plaasgevind het.
  • Die sanger Kurt Darren was in ’n ernstige motorongeluk in die vroeë-oggendure van Sondag 7 Julie 2013.
  • Die plaaslike akteur Erik Holm het in Augustus 2007 in ’n vlak dam geduik wat hom verlam gelaat het.
  • Die bekende Duitse renjaer Michael Schumacher (46) was in ’n kunsmatige koma ná sy ski-ongeluk in die Alpe op Sondag 29 Desember 2013.
  • Die 40-jarige akteur Paul Walker van Fast & Furious-faam het op Saterdag, 30 November 2013, in ’n motorongeluk gesterf.
  • Sonny Bono, Cher se bekende man en sangmaat, is op 5 Januarie 1998 dood ná hy in ’n boom vasgeski het. Hy was 62 toe hy dood is.
  • Die akteur Harrison Ford (73) het matige beserings opgedoen ná ’n klein vliegtuig waarvan hy die vlieënier was, op 5 Maart 2015 neergestor hett.

Bron: Netwerk24 en OFM

Lees ook