FOTO: Instagram / @Kylieminogue

FOTO: Instagram / @Kylieminogue

Het jy gehoor?

Sanger Kylie Minogue is verloof

Die 47-jarige sangeres Kylie Minogue is verloof aan die 28-jarige Britse akteur Joshua Sasse.

Die paartjie het hul verlowing op ’n ouderwetse wyse in die koerant, The Telegraph, aangekondig.

Sy is nie die enigste celeb wat haar verlowing só verklap nie. Rupert Murdoch, uitvoerende voorsitter van News Corp en 21st Century Fox, het sy verlowing aan die supermodel Jerry Hall in een van sy Britse koerante, The Times, aangekondig. En die Britse akteur Benedict Cumberbatch het  in 2014 ook sy verlowing in dié koerant bekend gemaak.

 

A photo posted by Kylie Minogue (@kylieminogue) on

Kylie en Joshua is sedert 2015 saam. Dit sal albei se eerste huwelik wees.

Maar sy is geensins gepla oor die ouderdomsverskil van 19 jaar nie. “Al lyk dit nie goed op papier nie, is ons reg vir mekaar. Hy is ’n ongelooflike man. En ek is baie gelukkig,” het Kylie destyds aan The Telegraph gesê.

Two super fans. Win or lose we love you Wallabies! @rugbyworldcup #rugbyworldcup @kylieminogue A photo posted by Joshua Sasse (@joshuasasse) on

Lees nou