riana nel die regte tyd
Het jy gehoor?

Riana se seuntjie al 25 Februarie gebore

Toe Afrikaans is Groot gister ’n foto van Riana Nel se pienkvoet getwiet het, het ons met opgewondenheid gedink haar seuntjie is gister gebore. Ons het nou vir Riana in die hande gekry en sy het bevestig dat haar eersteling reeds 25 Februarie gebore is.

“Ek en Cornel is mos maar privaat, so ons het nie eers daaraan gedink om mense te laat weet nie. Ons het net vir vriende en familie laat weet,” het Riana aan SARIE.com vertel.

Sy sê dit gaan goed met hul seuntjie. “Dit gaan regtig goed met ons. Hy is vreeslik soet.”

Oor die koms van hul eersteling het sy net gesê: “Daardie gevoel as jou hart buite jou rondloop. Dis hoe dit voel!”

Baie geluk, Riana en Cornel!

Lees nou