sheryl_crow_getty_rz
Het jy gehoor?

Sanger Sheryl Crow het ‘n breingewas

Amper ses jaar ná haar stryd teen borskanker is sy in November verlede jaar met ‘n nie-kwaardaardige breingewas gediagnoseer. Die vyftigjarige Crow het dit nie nodig gevind om vroeër oor die gewas te praat nie, aangesien sy “nie daaroor bekommerd hoef te wees nie”. Volgens haar woordvoerder, Christine Wolff, ervaar sy geen simptome nie en voel sy goed.

Die gewas word ‘n meningioom genoem en ontwikkel gewoonlik tussen die beskermlae van die brein en rugmurg. Die gevaar bestaan wel dat sulke gewasse – soos dit groei – weefsel kan beskadig en in sommige gevalle selfs dodelik kan wees.

Sheryl en fietsryer Lance Armstrong – self ook ‘n kanker-oorlewende – was drie jaar lank ‘n paartjie. Hulle is in 2006 uitmekaar.