FOTO: Elaine Otto Photography

FOTO: Elaine Otto Photography

Het jy gehoor?

Sangeres Andriëtte Norman is swanger

Die Afrikaanse sangeres Andriëtte Norman gaan in Februarie 2017 ma word. Sy het dié goeie nuus op sosiale media gedeel.

Dit sal haar en Glynn Moolman, ’n biokinetikus, se eerste kind saam wees. Glynn het reeds ’n oulike seun uit ’n vorige huwelik.

Die paartjie is in 2015 getroud.

Baie geluk, Glynn en Andriëtte!