FOTO: Instagram  @mandymooremm

FOTO: Instagram @mandymooremm

Het jy gehoor?

Sangeres Mandy Moore skei

SARIE.com het net vanoggend berig dat die Grey’s Anatomy-akteur Patrick Dempsey ná 15 jaar gaan skei. Nou vind ons uit dat die sangeres Mandy Moore ook gaan skei.

Die sangeres en aktrise Mandy Moore en haar man, die musikant Ryan Adams (40), gaan ná 6 jaar van getroude lewe skei, berig Hello!.

Die paartjie het dié nuus in ’n verklaring aan die media gebreek. Volgens die verklaring het hulle saam die besluit geneem en is op goeie voet uit mekaar.

Die 30-jarige sangeres het glo onversoenbare verskille as rede op die hofdokumente aangedui.

Sy is ook al vir ’n rukkie sonder haar trouring gesien. Tog werk sy saam met Ryan en sy groep, Whiskeytown, aan hul nuwe album.

FOTO: Instagram  @mandymooremm

FOTO: Instagram @mandymooremm

Die paartjie het in 2008 begin uitgaan en het die volgende jaar verloof geraak. Net ’n maand ná hul verlowing is hulle getroud. Daar is geen kinders uit dié huwelik gebore nie.

Bron: Hello!

Lees ook