Mariah, Nick en hul tweeling in 2014 FOTO: Instagram @mariahcarey

Het jy gehoor?

Sangeres Mariah Carey en Nick Cannon se huwelik op die rotse – GERUGTE

Die 44-jarige sangeres Mariah Carey en haar man, Nick Cannon (33), se huwelik is op die rotse, berig van die Amerikaanse skindertydskrifte.

Dié paartjie, wat in 2008 getroud is, is blykbaar sedert April van bed en tafel geskei. Volgens bronne wat die paartjie ken, gaan hulle binnekort aankondig dat hul gaan skei.

Volgens Intouch Weekly word die paartjie se huis oorgedoen en hulle gebruik dít as verskoning dat hulle nie meer in dieselfde huis slaap nie. Hulle bly blykbaar in dié tyd in verskillende hotelle in New York.

Daar was ook onlangs gerugte dat dié paartjie baie in die publiek met mekaar baklei. Ander skinderblaaie soos Radar Online berig dat Mariah bekommerd is dat die America’s Got Talent-aanbieder haar verneuk.

Die paartjie het die afgelope paar maande ’n lae profiel op sosiale media gehandhaaf.

Hulle het twee kinders, die 3-jarige tweeling, Moroccan Scott and Monroe.

FOTO: Instagram  @mariahcarey

FOTO: Instagram @mariahcarey

FOTO: Instagram  @mariahcarey

FOTO: Instagram @mariahcarey

Bronne: NY Post, Radar Online en Intouch Weekly