FOTO: Instagram  mariahcarey

FOTO: Instagram mariahcarey

Het jy gehoor?

Sangeres Mariah Carey verseker stem vir R513 miljoen

Dit gaan só goed met Mariah Carey op haar Sweet Fantasy-wêreldtoer dat sy glo besluit het om haar stem te verseker vir $35 miljoen (sowat R513 miljoen), berig TMZ.

Die Grammy-wenner, wat ’n stemomvang van 5 oktawe het, kom einde vandeesmaand ook in Suid-Afrika optree.

Die diva het nog nie die gerug oor die stemversekering bevestig nie.

Lees die volledige storie op Daily Mail.

Glanssterre wat glo ’n liggaamsdeel verseker het

Bette Davis – aktrise (1908-1989)

Sy het na bewering haar ikoniese middel vir $28 000 (sowat R411 000) verseker.

Dolly Parton – sangeres

Verseker haar borste na bewering vir $600 000 (sowat R8 miljoen).

Rihanna – sangeres

Verseker haar bene glo vir $1 miljoen (sowat R14 miljoen).

Heidi Klum – supermodel

Verseker haar bene na bewering vir $2 miljoen (sowat R29 miljoen).

Bruce Springsteen – sanger

Verseker stembande glo vir $6 miljoen (sowat R88 miljoen).

Daniel Craig – akteur

Verseker liggaam na bewering vir $9,5 miljoen (sowat R139 miljoen).

David Beckham – sokkerster

Verseker bene glo vir $70 miljoen (sowat R1 miljard).

Bronne: Business Insider

Lees nou