screen_shot_2013_09_09_at_2.29.03_pm
Het jy gehoor?

Sangeres Pink se dieet- en oefengeheime

Dié sangeres en ma draai nie stokkies om as dit by haar oefenroetine kom nie – sy werk hard, maar sê nie nee vir lekkernye nie.

Pink het in ‘n onderhoud met Women’s Health gesê haar vietse lyf verg harde oefening - nie soos baie bekendes wat ons wil laat glo dat hulle nie werklik oefen nie.

Dié blondine probeer 5 – 6 keer ‘n week oefen en wanneer sy oefen, oefen sy hard. Sy kombineer kardiovaskulêre oefeninge met gewigte optel. Sy beoefen ook Bikram-joga (joga in ‘n warm kamer) en doen Crossfit-oefeninge.

rs_634x871_130906105658_634.pink_womenhealthcover.cm.9613_copy_300wBeweegSA: Klik hier vir die Oefen- en dieetplanne

Sy is nie mal oor oefening nie, maar sy hou daarvan om die resultate te sien. “Ek voel sterk. Dit hou my brein aan die gang.”

Dieet …

“Ek is bang die wêreld het eendag nie meer kaaskoek nie! Dít is my gunsteling.” Sy sê ook sy sal nooit brood, kaas, of pasta kan oopgee nie.

Dieetkundige Mariza blog oor die beste maniere om gesond te eet

“Ek sal daarvan hou om so 5 kg ligter te wees, maar dit is nie in die kaarte vir my nie. En ek is OK daarmee.”

screen_shot_2013_09_09_at_2.26.39_pm_630wFOTO: Pink en haar dogter Willow Sage Hart.

Rook

“Om te rook is nie mooi nie. Ek het begin rook toe ek 9 jaar oud was. Dis aaklig, ek haat die reuk, die smaak … Maar om die een of ander rede hou ek daarmee aan. Dit is een van die min dinge wat ek nog oorhou van my lewe voordat ek beroemd geraak het. Ek rook al baie minder en ek probeer om nooit by die huis te rook nie.”

Hoe gaan dit met Andriëtte se dieet?