whitney_book_copy
Het jy gehoor?

Whitney Houston se ma praat met Oprah oor haar dogter

Dié onderhoud met die 79-jarige Cissy, wat self ‘n gospelsanger is, val saam met die publikasie van Cissy se memoir oor haar haar dogter, Remembering Whitney.

In die onderhoud praat Cissy oor Whitney se kinderdae en haar dood. “Ek is steeds so kwaad – vir Nippy [haar troetelnaam vir Whitney], vir die wêreld, vir myself. Daar is dae dat die vrae my oorweldig … Was ek ’n goeie ma? Was ek te streng met haar? En die ergste: kon ek haar dalk gered het?”

Sy praat ook oor haar bekommernis oor haar kleindogter, die 19-jarige Bobbi Kristina Brown, en haar roekelose leefstyl.  

Sy erken ook dat Whitney se broer, Michael, sy suster aan dwelms bekend gestel het, en nie haar eksman, Bobby Brown, soos wat gespekuleer is nie. Sy het reeds in die jare tagtig begin dwelms misbruik. Daar is beweer dat Bobby Whitney soms mishandel het, maar volgens haar ma het Whitney dit telkens weggesteek.   

Cissy kon egter nie vir Oprah sê of die gerugte wat die ronde doen dat Whitney ’n verhouding met haar beste vriendin en voormalige assistent gehad het, waar is nie. Whitney en Robyn Crawford is al vriende sedert hul tienerjare.

Whitney is op 11 Februarie verlede jaar dood in ’n hotelkamer gevind. Daar is later bevestig dat sy in die bad verdrink het weens die effekte van chroniese kokaïen-gebruik en ’n hart-toestand. Sy was 48 jaar oud.   

Oprah het sedert sy haar eie televisie-netwerk het reeds verskeie opspraakwekkende onderhoude gedoen, onder andere met die Kardashian-familie, Rihanna, Lance Armstrong en die kletsrymer LL Cool J.

HIERONDER is ’n greep uit die onderhoud waarin Cissy vertel van die hartverskeurende oomblik toe sy uitgevind het haar dogter is oorlede.

  • Braam Colangelo

    Yank rubbish…no value….Amerikaanse gemors geen waardes …geen belangstelling. Daar is genoeg ordentlike Suid Afrikaanse dames met hoe waardes en susksesverhale wat hierdie spasies kan vul. Stop asseblief om die internet artikels vir Suid Afrikaners op te dis. Sarie, Sarie jy is mos onse Oprah of hoe ?