katyperry
Het jy gehoor?

Katy Perry se nuwe fliek + 10 dinge wat jy nie geweet het nie

  1. Haar regte naam is Katheryn Elizabeth Hudson. Sy’t haar van na haar ma se nooiensvan verander sodat mense haar van die aktrise Kate Hudson kan onderskei.
  2. Albei haar ouers is pastore in die kerk en sy’t in ‘n Christelike huis grootgeword.
  3. Die eerste nie-Christelike musiek wat sy gehoor het was Alanis Morissette se “Jagged Little Pill”.
  4. Haar beste vriendin is Rihanna.
  5. Sy het nog net een konsert in haar hele lewe gekanselleer.
  6. Haar eerste treffer was nié I Kissed A Girl nie, maar UR So Gay.
  7. Sy’s die eerste vroulike kunstenaar wat tot nog toe 5 treffers op een album gehad het.
  8. Sy’t Italiaanse opera en danse soos swing en die jitterbug studeer.
  9. Twee van haar eerste liedjies is deur Kelly Clarkson opgeneem 
  10. Sy hoërskool verlaat om haar musiekloopbaan te volg.

Kyk na die voorprent van haar nuwe fliek, Part of Me