FOTO:  http://www.worldbabyshower.org/

FOTO: http://www.worldbabyshower.org/

Het jy gehoor?

Sangeres Shakira deel ooievaarstee met die wêreld

Nes met sangeres Shakira en haar sokkerspeler-kêrel, Gerard Piqué, se eersteling, nooi hulle jóú na die ooievaarstee van hul tweede baba .

Toe Shakira swanger was met hul eersteling, Milan, in 2013, het hulle almal genooi na ’n virtuele liefdadigheidspartytjie, oftewel die ooievaarstee.

Hier kon “gaste” babageskenke koop wat UNICEF (die Verenigde Nasies se Kinderfonds) versprei het na die wêreld se weerloosste babas.

Dít was ’n groot sukses – sowat 80 000 babas is teen polio ingeënt en sowat 4 ton kos is gestuur na kinders wat aan wanvoeding ly. Verder is daar sowat 1 000 muskietnette en sowat 200 000 pakkies rehidrasie-middel versprei.

Hulle wil dieselfde vermag met hul tweede ooievaarstee. Die 37-jarige sangeres van Colombia sê dat hulle kinders wat in ekstreme armoede lewe wil help.

Klik HIER om deel te wees van dié inisiatief.

Shakira

Lees nou