FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

Seuntjie of dogtertjie? Sangeresse verklap babas se geslag

Twee bekende Amerikaanse sangeresse het dié week op sosiale media bekend gemaak of hul babas ’n dogtertjie of seuntjie is …

Die voormalige Idols-wenner en Grammy-bekroonde sangeres Kelly Clarkson deel baie besonderhede oor haar swangerskap op Twitter.

FOTO’S: Elizma Theron se pienk ooievaarstee

Sy sukkel blykbaar met oggendnaarheid en gebakte aartappels is een van die min kosse wat haar nie naar maak nie. Sy het Maandagoggend op Twitter ook haar pienkvoet se geslag met die wêreld gedeel:

FOTO’S: Kelly Clarkson trou

Intussen het die blonde sangeres Gwen Stefani Instagram gekies om haar baba se geslag bekend te maak. Die No Doubt-sangeres en haar man, Gavin Rossdale, verwag hul derde seun.

Gwen het haar swangerskap in Augustus aangekondig

Sy het ’n foto van haarself met ’n kroon gedeel en in die onderskrif gesê sy is sy steeds die koningin van hul huishouding. Sy het bygevoeg – #itsaboy.

Verwag Justin Timberlake en Jessica Biel ’n baba?

Ook op plaaslike bodem is daar nuus van ’n nuwe baba. Melissa Bam – sangeres, danser, aktrise en sussie van Melinda Bam – het die naweek ook op Twitter haar goeie nuus gedeel.

Melissa se ma, Wanda, praat met SARIE

Melissa en haar man, Tertius Swart, het ook reeds ’n spesiale geskenk vir hul “ertjie” by Melinda en haar verloofde, Adriaan Bergh, gekry. Vanoggend het Melissa op Twitter gevra wat ’n toekomstige mamma op ’n Dinsdagoggend behoort te doen en bygevoeg dat sy moeg is.

WAT DINK JY? MOET MELISSA HAAR BABAKAMER IN PIENK OF BLOU VERSIER? Los kommentaar onderaan dié artikel of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!