FOTO:  Hello!

FOTO: Hello!

Het jy gehoor?

Sarah Ferguson wéér enkellopend

Arme Sarah Ferguson! Die Britse hertogin van York (56) en haar internet-entrepreneur, Manuel Fernandez (48), is ná twee jaar uitmekaar. En Sarah is blykbaar verpletter oor Manuel die verhouding verbreek het, berig Daily Mail.

Die paartjie, wat gereeld saam in die openbaar gesien is, het nog nooit die verhouding bevestig nie. Maar verlede jaar het hulle saam die sanger sir Bob Geldof se troue in Frankryk bygewoon.

Sarah was van 1986 -1996 met prins Andrew, koningin Elizabeth II se tweede seun, getroud. Maar hul huwelik het ná 10 jaar op die rotse beland. Hulle het twee dogters, prinses Beatrice en prinses Eugenie.

Lees nou