Sarah Jessica Parker on Cover for Harper's Bazaar US September 2013
Het jy gehoor?

Sarah Jessica Parker (50) se raad aan jonger self

Moenie toelaat dat jou selfbeeld beïnvloed word deur ander se opinie van jou nie. Volgens People is dít die raad wat die Sex and the City-aktrise Sarah Jessica Parker op 50 aan haar 25-jarige self sou gee.  

Sy glo egter ook enige advies wat jy aan jouself gee, is eintlik onbenullig, want dit is nodig om sekere foute te maak en daardeur lewenservaring te kry.

En met ouderdom ry jou emosies ook nie meer wipplank nie, het sy aan Vogue vertel. Elke dag – hetsy op goeie of slegte dae – voel sy soos haarself en goed in haar eie vel.

Sarah Jessica is met die akteur Matthew Broderick getroud. Hulle het drie kinders saam: James Wilkie (13) en die 6-jarige tweeling, Marion Loretta Elwell en Tabitha Hodge.

Bronne: People en Vogue

Lees ook

ZZZ

Skryf HIER in vir dié kompetisie