Sarah Jessica Parker.
FOTO @sarahjessicaparker_instagram

Sarah Jessica Parker. FOTO @sarahjessicaparker_instagram

Het jy gehoor?

Sarah Jessica Parker gaan skei

Gelukkig nie in die regte lewe nie. Sy en haar man, Matthew Broderick, is al vir 19 jaar getroud en nog gelukkig saam. Maar haar karakter in die nuwe HBO-reeks Divorce besluit om ná al die jare van haar man (Thomas Haden Church) te skei.

Dié donker komedie fokus op die verbrokkeling van ’n verhouding en hoe jy ’n egskeiding aanpak, veral wanneer kinders betrokke is.

Sarah Jessica se man, Matthew, het haar help voorberei vir hierdie rol, berig Vanity Fair.

A year ago on my birthday . And nothing has changed. Thanks husband for a perfect day. X, sj

A photo posted by SJP (@sarahjessicaparker) on

Kyk die lokprent hier:

Só maak jy die seer vir kinders makliker tydens ’n egskeiding

VERTEL HULLE SÓ

Elize Morkel, sielkundige van Somerset-Wes, stel voor julle vertel die kinders sáám dat julle uitmekaar gaan.

- Los pynlike detail, soos dat een van julle ontrou was.

– Kinders moet verstaan dis nie ’n impulsiewe besluit nie. Julle het dit lank en ernstig oorweeg en wéét hoe moeilik dit vir hulle is.

- Dis nie hul skuld nie en julle sal hulle altyd liefhê.

– Dit kan dalk help om met ander geskeide ouers te praat oor hul ervaring, veral gesinne wat goed aangepas het.

Lenie Naude, ’n sielkundige van Pretoria, beklemtoon jou kinders moet die versekering kry jul liefde vir hulle sal nooit verdwyn nie. 

- Bevestig dit in die praktyk. Moenie iets belowe en dit nie doen nie – hetsy telefoonoproepe, besoeke, uitstappies of die bywoning van skool- en ander geleenthede.

- Kinders vra dikwels uit oor praktiese reëlings: Waar gaan ek woon? Beteken dit ek gaan Pa minder sien? Wie gaan my skool toe vat? Wat gaan op feesdae gebeur? Volgens Elize moet julle reeds ’n idee hê hoe dié dinge ná die egskeiding gaan werk wanneer julle met die kinders praat.

- Lê klem op wat nié gaan verander nie. Een gesprek is ook nie genoeg nie. Dis ’n groot emosionele slag en hulle het jul ondersteuning deurlopend nodig.

Lees nou

Só lyk Jeremy, James en Richard se nuwe program!

Lady Gaga se nuwe liedjie oor eks Taylor Kinney?

Die beste Brownies nóg