poster
Het jy gehoor?

Sarah Jessica Parker: “Om ‘n ma te wees is vreesaanjaend”

“Dit is goed om bang te wees voor jy kinders het, want dit is vreesaanjaend!” het sy by ’n mediakonferensie vir haar nuutste fliek, I Don’t Know How She Does It, in New York gesê, berig Eonline.com.

Sy erken dat sy tydens haar swangerskap met James bekommerd was dat hy sielkundige behandeling sou moes ondergaan as gevolg van haar onkunde. Gelukkig lyk alles nou heelwat beter, maar SJP sê dit is nie maklik om heeltyd al die balle in die lug te hou nie. Veral nie met ’n suksesvolle loopbaan én die uitdagings van ‘n gesin nie.

“Baie maande werk ek glad nie, en ander maande werk Matthew (Broderick, haar man) weer nie, maar wanneer ons albei werk, is dit moeilik!” vertel sy. “Vóór die kinders was dit maklik om albei vir ure of selfs dae van die huis af weg te wees, maar nou is dit anders. Nou moet ons baie fyn beplan en by die roetine hou om tyd te maak vir die gesin.”

“Soms gaan dit goed en soms nie. Ek het onlangs met my pienk wollerige pantoffels by James se skool opgedaag, ek wonder wat Carrie Bradshaw (haar stylvolle karakter in Sex and the City) daarvan sou sê,” lag sy.