Sarah Jessica Parker op die voorblad van Rusland se Harper's Bazaar Junie 2013- uitgawe

Het jy gehoor?

Sarah Jessica Parker se stylreëls + haar groot nuus!

In Sex and the City is Sarah Jessica Parker ’n skrywer met ’n skoen-obsessie. En in die regte lewe is sy net so stylvol en dol op skoene. Sy deel haar stylwenke én ons wys vir jou haar nuwe skoenreeks!

Sarah se top-stylwenke

  • Ek hou van die idee om geen reëls hê nie. Al kies jy ’n rok wat ’n absolute ramp is, bly die vraag op die ou end tog net: wie gee om?
  • Dit moenie gaan oor hoeveel ánder mense daarvan gaan hou nie. Dit moet vir jouself ’n ervaring wees om dit te dra – al bring van die items net vir jou goeie herinneringe
  • Jou klere moet ’n storie vertel – jóú storie
  • Eksperimenteer en speel met kombinasies
  • As jou skoene ’n enkelbandjie het, sorg dat dit nie te hoog sit nie – dít laat jou korter lyk. ’n Bandjie wat laer om jou enkel sit, verslank ook jou been
  • Belê in hoëhakskoene. Goedkoop hakskoene kan skade aan jou voete doen
  • As jy kan, kies eerder leersole as sole van plastiek

Sarah se eie skoenreeks

Soos Carrie, haar karakter in Sex and the City, is Sarah ook gek na die ontwerper Manolo Blahnik. Daarom werk sy saam met hom aan haar eie skoenreeks.

Die ontwerpe is glo deur Carrie se styl geïnspireer, en Sarah wil hê haar skoene moet waarde vir geld wees. “Ek vra mense om hul welverdiende geld te gee, daarom gaan die skoene iets wees wat ek ook sal dra.”

Sy het twee vereistes gehad vir haar skoenreeks – eerstens moet dit in Amerika of Europa vervaardig word, en tweedens moet dit nie te duur of te eksklusief wees nie.

FOTO: Die "Silvia" van Sarah se nuwe skoenreeks (Harper's Bazaar & Telegraph)

FOTO: Die “Silvia” van Sarah se nuwe skoenreeks (Harper’s Bazaar & Telegraph)

Lees hier vir moderaad vir jóú lyf!

FOTO: Die "Pola" van Sarah se nuwe skoenreeks (Harper's Bazaar & Telegraph)

FOTO: Die “Pola” van Sarah se nuwe skoenreeks (Harper’s Bazaar & Telegraph)

 

sjp1_2784358aBron: Glamour

Die reeks sal op 28 Februarie 2014 in Nordstrom, die Amerikaanse klerehandelaar, bekend gestel word.

Maak jou eie feesparty- skoene!

Prag-skoene uit ons SARIE-winkel

Ankle strap heels with clear heel en Green leopard heels with ankle (klik op die name om te koop)

Bronne: Vogue, Contactmusic, Telegraph