Het jy gehoor?

Sarah Theron gesels oor oorlewing

Ek hoop: Om eendag soos die karakter wat Julia Roberts in die rolprent Eat Pray Love vertolk, die wêreld in te vaar om myself iewers te vind. (Ons neem aan die vrou kon steeds haar paaiemente tuis betaal terwyl sy toer!) Ek begeer ook ’n treinreis soos op die ou dae se Orient Express. My wenslysie raak elke dag langer. As lysie-persoon is ek erg gepla oor “uitstaande” items.

Ek is bang: Vir die dag as Madiba sterwe . . . my keel trek toe. Ons verkies seker om nie daaraan te dink nie, maar dit sou naïef wees om te dink dat dit nie alles en almal baie negatief gaan beïnvloed nie. Ek is baie trots dat ek SA met my liedjie “Liewe Mandela/Dearest Madiba” verteenwoordig op die Eurovision World Peace Festival. Die beoordeling is in Italië.

Wat ek nou weet: Elke keer as ek iemand in my vertroue neem, loop ek op die hoogspanningstou. Jy moet jou lyf gimnas hou en glo die vangnet is daar. Ek neem meer gereeld groot risiko’s as wat ’n mens sou dink, maar terselfdertyd minder as wat ek hoop.

Lees die volle uitgawe in die Maart uitgawe van SARIE